

GIDEON SE PAPAJA DRANKIE
Ek’t vir my hierdie lekkerte gemaak met peppino papajas uit my tuin wat vars gepluk is
4 kleinerige papajatjies geskil en gekerf
2 koppies sagte vanilla roomys
1 teelepel vanilla geursel
1 eetlepel heuning
12½ ml suiker
Maak die papajas koud.
Plaas alles in die voedselverwerker en meng tot dit lyk soos ‘n smoothie.
Geniet terwyl dit koud is.
Heerlik.
Foto: Gideon Louw
Bron: Gideon Louw






