

ELSABIE SE VARS GROENTESAP
10 spinasie blare stingels verwyder en blare goed gewas in koue water
½ groot komkommer geskil en in stukke gesny
4 Granny Smith appels geskil en stronke verwyder, kwarte gesny en in suurlemoensap gelê tot versap
1 lemmetjie gewas en in kwarte gesny (moenie skil verwyder, dit gee geur)
4 takkies kruisement, blaartjies verwyder en afgespoel
Versap volgens jou masjien se aanwysings. Hierdie resep maak +- 600ml sap. Genoeg vir 2 glasies.
As die geur te skerp is kan jy bietjie sodawater bysit. Garneer met skyfie lemmetjie, kruisement blaartjies en ysblokkies soos verkies.
Resep geplaas deur Elsabie Templeton
Foto: Elsabie Templeton






