

MARIETJIE SE BROCCOLI EIER GEREG
Genoeg broccoli om bak vol te pak in blommetjies gebreek
2 gerookte kaasworsies in ringetjies gesny
1 ui gekap
1 koppie Cheddar kaas gerasper
¾ koppie melk en room gemeng
6 eiers geklits
Plaas die broccoli, kaasworsies en uie in ‘n oondbak.
Meng kaas, melk en eiers, giet oor broccoli, ui en worsies, bak tot gaar by 180ºC. Voeg sout en peper by na smaak.
Baie lekker gewees.
Resep en foto: Marietjie du Toit






