

MAKLIKE SOUTTERT
Ek verkies ‘n souttert met ‘n witsous basis, nie die brood nie.
500 ml basiese witsous
4 eiers, geklits
1 pakkie spek, gesnipper
ui en groen soetrissie, gebraai saam spek
1 blik bully beef
1 pakkie viennas
2 koppies kaas, gerasper
mosterd poeier
blatjang, na smaak
paprika
sout en peper
Meng alles goed saam, gooi in bak, rasper nog kaas bo-oor, spring onion en feta.
Bak by 180°C vir sowat 40 min of tot goudbruin en mes skoon uitkom.
Laat afkoel en geniet saam slaai.
Foto en resep deur Lelane Van Der Walt






