ROELENE SE GROENBOONTJIEBREDIE
Gisteraand se hartskos… beesvleis en groenboontjiebredie met soet pampoen en wit rys.
1 kg beesvleis
6 aartappels
1 ui
knoffel, ek gebruik die garlic paste
½ groen soetrissie
½ rooi soetrissie
½ geel soetrissie
400 g pakkie groenboontjies
pakkie Oxtail en groentesop
Braai ui, soetrissies en knoffel tot sag in ‘n bietjie olie. Voeg beesvleis by en braai tot bruin. Voeg nou water bietjie bietjie by en kook tot vleis sag is. Voeg groenbone en aartappels by en kook tot sag, maar ferm. Voeg nou soppoeier by en laat prut tot die sousie lekker dik raak. Bedien met rys, hoeveelhede hang van jouself af.
Foto en resep geplaas deur Noelene Rutledge Saal