

JOLENE SE BRUINBREDIE
2 pakkies tenderize steaks
1 ui
1 pakkie bruin uie sop
2 pakkies french stirfry
1 ½ koppie rys
6 aartappels
Braai ui in olie.
Gooi steaks by en braai tot lekker bruin, Giet bietjie water by saam met die aartappels wat in blokkies opgesny is en die pakkies stirfry. Laat prut tot sag.
Voeg pakkie bruinuiesoppoeier by en laat prut tot die sous begin verdik.
Resep geplaas deur Jolene Smith
Foto: Jolene Smith






