

MULLIGATAWNY SOP
1 groot ui, gekap
2 stele seldery, in stukkies
1 soetrissie, gekap
1 groot wortel, in dobbelstene
1 appel, in blokkies
2 koppies hoender, fyn gesny
1 koppie gaar rys
2 liter hoenderaftreksel
2 teelepels kerriepoeier na smaak plus ander speserye indien verkies
1 teelepel borrie
1 teelepel tiemie
30 ml koekmeel
1 koppie room of klapper room, verwarm
2 eetlepels botter
sout en varsgemaalde peper, na smaak
Soteer die groente in die botter tot sag.
Voeg meel en kerriepoeier by en braai ‘n rukkie.
Gooi aftreksel by en prut vir 30 minute.
Sit die appel, rys, fyn hoender, tiemie, sout en peper by.
Prut vir nog 15 minute.
Gooi die warm room by net voor opskep.
Die sop kan verwerk word indien ‘n fyn sop verlang word.
Ek ken nie die oorsprong van die resep nie, hy was maar net altyd in my resep boekie.
Resep geplaas deur Hannes Smith






