VEELSYDIGE SOUT TERT GEBAK IN MUFFIN PAN
Hierdie is baie maklik en vinnig. Jy kan enige iets gebruik.
Ek braai uie en peppers saam.
Gooi sout en peper op
Dan braai ek mince of viannas of bacon selfs al drie as Jy verkies.
En meng dit als Saam.
Dan gooi ek 2 eiers in kan 3 gebruik hang af hoe groot eiers dit is.
Dan bietjie kaas indien verkies en so 30 ml meel meng als saam.
Skep in kolwyntjie pan en bak vi 15 min.
Whalla bedien Saam met n Lekker sweet chilli sousie.
Wat ek ook doen..
Koop soms ‘n icebine dan vat ek helfde en sny op en sit dit in.
Jy kan hoender stukkies gebruik
of glad nie vleis nie en net met stukkies fyn groente.
Dis n vinnige snack as Jy skielik Mense verwag . Geniet
Resep en foto: Adele oosthuizen