THAI BOTTERSKORSIE EN PATATSOP
15 ml olie
2 knoffelhuisies, fyngedruk
15 ml vars gerasperde gemmerwortel
1 stingel sitroengras, harde skil verwyder en fyngekap (opsioneel)
15 ml goeie rooi Thai kerrie pasta (Jy kan meer of minder gebruik, volgens smaak)
1 ui, gekap
2 medium patats, geskil en in blokkies gekap
1 botterskorsie (ongeveer 300 g) geskil en in blokkies gekap
375 ml groente- of hoenderaftreksel
½ blikkie klappermelk
vars gemaalde swartpeper
60 ml vars koljanderblare, gekap
Verhit die olie in ’n groot pot en braai die knoffel, gemmerwortel en sitroengras vir ’n minuut. Voeg die kerrie pasta by en braai vir nog ’n minuut. Voeg die ui by en braai tot sag en geurig. Voeg die patat en botterskorsie by en roer sodat alles goed bedek is met die speserye. Gooi die aftreksel oor, plaas ’n deksel op en kook vir 30 minute tot die groente sag is. Maak die groente fyn met ’n handmenger of in ’n voedselverwerker. Voeg die klappermelk by en geur met swartpeper. Voeg die koljanderblare by net voor opdiening. Maak 1 liter sop.
Foto; Lelane Van Der Walt