

TESSIE SE WORTEL MUFFINS
2 koppies koekmeel
½ koppie klapper
½ koppie hawemout
2 koppies gerasperde wortels
2 oorryp klein piesangs
1 koppie kookolie
¾ teelepel sout
3 groot of 4 klein eiers
1 teelepel koesoda
1 ½ teelepel bakpoeier
1 ½ teelepel fyn kaneel
mespunt gemengde speserye
1 koppie suiker
1 teelepel vanilla
Room eiers, suiker, vanilla, olie en piesangs en voeg die gerasperde wortels by.
Sif meel, kaneel en bakpoeier saam en voeg by nat mengsel.
Voeg klapper en hawemout by.
Los laaste die koeksoda op in ‘n eetlepel melk en voeg by mengsel.
Roer deur en skep in voorbereide muffin panne /cookie cups.
Bak in oond van 160ºC vir 25 – 30 min.
Laat afkoel in pan, keer uit en versier.
Bron en foto: Tessie Pretorius






