PETRE SE SEEWATER GEPEKELDE OLYWE
Ingelegde Olywe..
Ek het vergeet van die olywe.. Dit is nou 2 maande later…
Die resep sal seker maar my eie wees.. het nog nie gesien of gehoor dat iemand dit so gedoen het nie…
Ek het die eerste week dit elke dag met skoon water gespoel en seewater gebruik om dit in te lê… Daarna het ek dit weer in skoon water gespoel en 3 weke in see water laat lê… weer gespoel en vir n maand in see water laat lê…
Vandag uitgehaal, gespoel en in flessies gegooi… met n groterige skyf knoffel en n roosmaryn takkie….
Vir 12 flessies het ek die volgende sous aangemaak…
3 koppies suiker
6 koppies asyn
9 koppies water
1 eetlepel sout
1 opgehoopte eetlepel Oreganum
Kook alles saam vir 10 minute.. Gooi kokende sous oor olywe.. gooi dan n bietjie olyf olie bo op en draai deksel onmiddellik op..
Foto en resep: Petré Van Jaarsveld