

BYMEKAAR GOOI GROENTE SOP
Sommer so bymekaar gooi sop vir ‘n koue dag.
Dit is net ongeveer 1kg Groente (Wortel, raap en seldery met bietjie kool uie en pietersielie in blokkies gesny – het al Voorheen net n groot sak country vegetables gevrieste groente gebruik)
Ongeveer 500 g mince
1 pakkie beesstert sop
500 ml room
Kook groente tot sag (ek gooi dit sommer in die stoompot vir 30 min).
Voeg vleis by en kook tot gaar. Maak die sop poeier aan met ‘n koppie koue water en gooi by.
Gooi die room by en roer goed deur.
Geurmiddels na smaak. Ek gooi so eetlepel sout by met ongeveer ”n teelepel grof gemaalde swart peper en ‘n eetlepel of 2 Robinsons mince spice…prut alles vir so 30 min en wees vreetsaam…..lol
FOTO EN RESEP: Odp Bothma






