BULLY BEEF PASTA GEBAK
½ pakkie noedels van jou keuse
2 blikkies bully beef
1 groot ui en halwe groen soetrissie
½ teelepel vars knoffel
1 sakkie tamatie paste van so 110g
2 eetl blatjang
1 blikkie tamatie en uie relish
1t Italian kruie
sout en peper en suiker na smaak
3 eiers
250 ml melk
2 k kaasKook noedels tot net gaar met bietjie olie en sout, en spoel af met koue water.
Braai n opgekapte ui en greenpepper tot ligbruin.
Voeg fyngekapte knoffel by en Italian herbs so 1 Eetl En roer.
Maak al jou sous bestanddele aan en voeg suiker, sout en peper by.
Voeg bogenoemde by pot bestanddele.
Laat prut stadig vir n paar minute terwyl jy die beef sny in blokkies of fyndruk.
Voeg die beef by. Prut vir 5 min.
Haal van die stoof af en voeg noedels by. Roer deur.
Klits die 3 eiers en melk saam sommer met vurk en roer deur pasta mengsel.
Strooi kaas bo oor.
Bak in voorverhitte oond by 180ºC vir 30 minute of tot kaas verbruin.
NS. jy kan enige vleis ruil met beef vir die resep.
Bron en foto: Ronell Muller Boshoff