


TESSIE SE ROOI FLUWEEL KOLWYNTJIES
500 gram bruismeel
1 ½ teelepel koeksoda
3 eiers
1 koppie kookolie
2 koppies suiker
¾ koppie gaar beet puree
3 eetlepels kakao
3 eetlepels kits koffie
(meng kakao en koffie met ‘n eetlepel suiker, dan los dit maklik op in die warm water)
½ koppie warm water
250 ml drinking jogurt (arbei)
½ teelepel sout
1 teelepel wit asyn
40 crimson pink kleursel
Room eiers, beetpuree en suiker saam tot suiker opgelos is, voeg die kookolie, drinking yohurt asook koeksoda by eb dan die kakao en asyn by mengsel. Voeg nat mengsel by meel en sout, meng goed.
Skep cupcake houertjies 2 derde vol, bak teen 180°C vir 15 – 20 min. Versier met geklopte room en stingel kersies.
Ek het beet ‘n uur en ‘n half in drukkoker gestoom. Effens laat afkoel en verpulp. Kleur nadat koek gebak het, is vir my bietjie donker, sal minder kleursel gebruik as ek weer bak.
Bron en Foto: Tessie Pretoruis
Hayley Swigelaar
Ek het dit toe probeer en dit is baie lekker.







