

TAMARILLO, KOEJAWEL EN PEER KONFYT (boomtamaties)
Die konfyt het n defnitiewe smaak van tamatie, ‘n ligte smaak van koejawel en net ietsie anders saam met die pere. Baie lekker.
1 kg tamarillos (klaar uit die dop geskep)
1 kg koejawels fyn gerasper
4 groterige pere fyn gerasper
2 Granny Smith appels fyn gerasper
2,5 kg suiker
3 goeie spuite suurlemoensap
Meng alles met die suiker tot ‘n dik stroop vorm.
Kook op hoog vir 25 minute vanaf dit begin kook.
Bottel warm.
Bron en Foto: Petre Van Jaarsveld






