

PERSKE BLOEISEL MUFFINS
2 eiers
½ koppie mayonnaise
½ koppie kookolie
1 koppie water
½ koppie suiker
5 ml koeksoda
10 ml bakpoeier
3 ml sout
2 koppies koekmeel
1 pakkie Moirs raspberry jellie
Room eiers, suiker, mayonnaise en kookolie saam.
Sif meel, koeksoda, bakpoeier en sout saam.
Voeg meel mengsel by eiermengsel.
Voeg water bietjie vir bietjie by en meng goed.
Laaste vou twee-derdes van die jellie in die deegmengsel, nie roer nie, vou in.
Skep in muffin panne en bak 15 min by 160°C.
Gebruik die res van die jellie poeier in versiermengsel.
Na 2 – 3 dae het muffins donkerder pienk kolle binne van daar die naam Perskebloeisel.
Bron en foto: Tessie Pretorius






