

KOOS SE LEKKER GEBAKTE VIS
Ek gooi speserye op die vis stukke so 2 ure voor ek dit bak en los in die yskas
Gebruik 3 bakke vir die Droog – Nat – Droog metode.
Eerste bak skoon koekmeel.
Tweede Bak 3 eiers geklits met dieselfde hoeveelheid vars vol room melk. Klits alles goed.
Derde bak is weer koekmeel en dan gooi ek speserye in die meel. Sout, peper, Spice for fish. Jy kan dit maak na smaak.
Druk die vis in die eerste bak meel sodat die hele stuk goed gedek is met die meel.
Druk dan in die eier/melk mengsel tot goed bedek.
Laaste is dan weer in die meel met die speserye tot goed bedek.
Ek bak dit stadig (Deep Fry) maar die olie moet borrel en draai kort kort tot bruin.
Na die eerste paar stukke gewoonlik net een of twee proe ek of die speserye reg is in die laaste mengsel en pas maar aan as dit nodig is of meer meel of voeg nog speserye by.
Bron en foto: Koos van der Merwe






