

CECILIA SE SOET SUUR VIS
Gebruik enige wit vis, ek verkies stokvis. Ongeveer 10 porsies. Rol vis in meel met bietjie sout en peper gegeur. Nie te veel sout want sojasous is ook sout. Bak vis in warm olie tot gaar.
Maak sous:
Kook saam vir 2-3 min:
1 koppie suiker
2/3 koppie asyn
1+1/3 koppies water
2 koppie gekapte ui
4 teelepels sojasous
1 teelepel fyn vars gemmer
4 teelepel mielieblom met bietjie water gemeng.
Ek proe maar tot die smaak reg is. Nie te soet, nie te suur.
Verwyder van hitte wanneer uie deurskynend is en maizena gaar.
Pak lae vis in glas bak. Bedek met kokende sous tot al jou vis en sous op is. Laat staan vir so ‘n dag. Maak weer warm voor jy dit gaan opdien.
Bron en foto: Cecilia De Beer






