

BOONTJIESOP VAN KATHU
1 kg Beeskookvleis
5 groot uie
1 kg Suikerboontjies geweek in water vir ‘n paar uur of oornag
750ml water
2 pakkies Oxtail Soup
2 blokkies Oxtail Aftreksel
4 sakkies tamatie puree
50 – 100ml Worcestershire Sous
2 e sout (voeg heel laaste by na smaak)
Grof gemaalde swartpeper na smaak
Kook vleis, water en uie tot vleis van bene af val sonder enige sout.
‘n Stoompot is die beste en vinngste maar jy kan dit op die stoof ook kook in ‘n groot pot.
Hou al die water waarin die vleis en uie gekook is.
Verwyder vleis en ontbeen en hou eenkant.
Gooi nou die boontjies en die water waarin dit geweek is in die pot en kook tot dit met vingers pap gedruk kan word. ( Jy kan ook stoompot gebruik)
Dit neem ongeveer so 15min vandat dit begin stoom het, of ongeveer 3 ure as jy dit op die stoof kook.
Sit nou die vleis en bone met al die water waarin alles gekook het in ‘n groot pot en bring tot kookpunt. Draai die plaat lekker laag.
Meng al die ander bestandele( nie die sout nie) saam en voeg bietjie vir bietjie by die boontjies en vleis terwyl jy heel tyd roer want dit brand nou baie maklik aan.
Kook vir 5 min, toets vir sout en indien nodig voeg sout by na smaak en haal van warm plaat af.
(Nota: Ek het gevind dat die 2 eetl sout genoeg en reg was)
Bedien saam met ‘n lekker broodjie.
Kan gevries word in porsie groottes tot 5 maande.
Resep deur: Ilsemyn en aangepas deur Shaunay Strydom
Foto: Shaunay Strydom.







geskuif