

TERTKORS VAN GRAANVLOKKIES OF ALL BRAN
Neem so 2k droe corn flakes, kap dit fyn in die voedselverwerker, voeg dan so halwe handjie vol “chocolate drops” en so opgehoopte teelepel suiker by en laat die masjien loop tot alles mooi fyn, dan gooi ek so eetlepel melk by en meng weer, druk met my hand die krummels teen die kant vas en as dit nie mooi bly sit, nog bietjie melk.
Gaan so aan tot die krummels mooi teen die kant klou as jy met jou vingers vasdruk, as mens van klapper hou kan mens dit ook bysit, ek hou nie daarvan, maar vandag gedink dit sal werk en omtrent die smaak van tennis koekies gee. Dan druk ek dit net met lepel in tertbak vas.
Toe ek die all bran gebruik het kon mens n neutsmaak kry maar ek het vandag die gewone graanflokkies gebruik
Resep ne foto: Marianne de Beer






