


OONDGEROOSTERDE EEND MET KERSIESOUS
1 eend
sout (na smaak)
vars of gedroogte roosmaryn (2 tot 3 takkies)
Sous
500 ml rooiwyn
125 ml suiker
1 blik swartkersies
25 g botter
Sout en peper na smaak
Eend:
Geur die eend met sout na smaak en strooi vars of gedroogde roosmaryn oor. Plaas in ʼn oondbestande bak en bak in voorverhitte oond teen 180 grade Celsius vir so uur en ʼn half tot twee ure, afhangende van die grootte van die eend.
Sous:
Terwyl die eend gaar word in die oond, begin met die rooiwynsous.
Gooi 500 ml rooiwyn in ʼn pan tesame met die halfkoppie suiker en laat die helfte van die wyn wegkook. Gooi die helfte van die kersiesous by die rooiwynreduksie en laat dit nog verder kook vir ongeveer 5 tot 10 minute. Sny 25 g verkilde botter in blokkies en roer dit in die rooiwynreduksie in vir ʼn glansvoorkoms. Geur na smaak met sout en peper.
Haal die eend uit die oond en laat ʼn rukkie rus. Sny die eend in kwarte en verwyder van die grootste bene. Plaas die eendkwarte op ʼn mooi opdienbord. Sprinkel die geblikte kersies oor en gooi die rooiwynjus oor en garneer.
Foto: Gideon Louw






