

KERRIEKOOL MET GOUE STROOP
Hier is ‘n lekker resep vir Kerriekool
1 kg kool
1 ui
25 g mielieblom
350 ml wit asyn
250 g wit suiker
2 teelepels med kerriepoeier
25 ml stroop
3 teelepels sout
Kook kool en ui vir 15-20 min, dan dreineer water. Voeg mielieblom, sout, asyn, suiker, stroop en kerriepoeier by en kook weer vir 15 min.
Koel af en skep in bottels en sit dit in die yskas.
Lekker saam hambugers en saam ‘n lekker kerrie en rys.
ADVIES: Goeie advies bly by die pot, myne het amper aangebrand.
Resep en foto: Nico Oosthuizen






