

MATHILDA SE MARMITE TERT
3 eetlepels botter
¾ koppie suiker
1 eier
1 ½ koppie koekmeel
2 teelepels bakpoeier
knippie sout
1 koppie melk
½ koppie botter
1 eetlepel marmite
1 koppie gerasperde kaas
Room botter en suiker, voeg eiers by en klop goed.
Sif ander bestanddele by, voeg die melk geleidelik by.
Giet in langwerpige gesmeerde bak.
Bak 30 min 175ºC.
Smelt botter en marmite saam en giet oor gaar tert sodra uit oond.
Strooi kaas oor.
Heerlik en vinnig.
Bron: Mathilda Van Tonder Leslie
Foto: Lauren Nesenberend






