_

KITSVETKOEKIES
Kitsvetkoekies gebak – verlang na Moeder en omgeetye…
2 kop koekmeel
2 t bakpoeier
1/2 t sout
3t margarien
1 kop melk
2 eiers
Sif droë bestanddele saam, klits eiers en melk saam.
Vryf margarien in meelmengsel, maak aan met melkmengsel.
Skep lepelsvol in warm olie en bak tot gaar.
Bedien met kaas of stroop.
Bron: Drinie Conradie






