

KAASKOEK KOLWYNTJIES
Maak 10 kolwyntjies.
Kors:
75 g Creamcrackers, fyngemaak
50 g ongesoute botter, gesmelt
Kaaskoek:
250 g roomkaas
1 eetlepel strooisuiker
1 teelepel vanilla
25 g groot marshmallows
Bolaag:
40 ml room
120 g sjokolade
ekstra marshmallows
Meng die fyn koekies met die gesmelte botter en druk die koekiekrummels onder in kolwyntjie papierkoppie vas.
Plaas dit in die vries vir so 15 minute.
Klits die roomkaas, strooisuiker en vanilla saam in ‘n mengbak.
Smelt die marshmallows in ‘n glasbak in die mikrogolf en vou dit in by die roomkaasmengsel.
Skep die roomkaasmengsel in elke koppie bo-op die koekiekors en vries weer so 15 minute.
Verhit die room en smelt die sjokolade daarin, dit vorm ‘n lekker dik ganache, laat dit afkoel.
Skep die ganache bo-op die kaaskoekmengsel en plaas terug in die vries vir so 15 minute.
Sny marshmallows in skywe en rangskik bo-op die kaaskoekies en brand dit met ‘n blaasvlam of smelt dit onder die rooster element van die oond tot die marshmallows bruin is. Laat afkoel en geniet.
Resep en foto: Frances Smith






