RINIE SE LEKKER VETKOEK
Vroulief het vanaand vir ons vetkoek gebak en voorgesit saam met gister se bobotie en was uit die boeke lekker!
Vetkoek:
5 koppies koekmeel
400 ml lou water
1 teelepel sout
2 eetlepels suiker
2 eetlepels olie
1 sakkie gis (10 g)
olie vir diep braai
Sif alle droë bestanddele en voeg die olie by die water. Meng dan die water, olie en meel tot ‘n elastiese sagte deeg.
Maak lang worse en druk effens plat en sny in stukke van ±50 x 70 mm, laat rys tot dubbel die grote en diep braai in die olie tot mooi bruin en gaar.
Maak ‘n sny in die vetkoek en vul met bobotie en siedaar nog ‘n heerlikheid !!
BRON: Gideon Louw