


ADRIAN SE TUNA EN MIELIE QUICHE
1 fyngekapte ui
2 blikkies Tuna in water, gedreineer
1 blikkie geroomde mielies
Sout en peper na smaak
125ml gerasperde kaas
2 eierwitte
3 eetlepels gladde maaskaas
Indien jy ‘n beskuitjie kors wil gebruik, meng ongeveer 100g fyngemaakte kaasbeskuitjies met 3 eetlepels gesmeltde botter en druk dit onder in jou quiche bak vas, of gebruik enige kors van jou keuse.
Braai die uie in ‘n bietjie botter tot sag en roer die tuna en mielies daardeur. Geur met sout en peper en roer helfte van die gerasperde kaas by. Skep die mengsel bo-op jou kors. Meng die geklitste eierwitte met die maaskaas en giet oor die vulsel. Strooi die res van die kaas bo-oor en bak vir 25 – 30 minute by 180ºC.
Bron: Adrian Olivier
Foto: Adam Cloete
2 de foto: Elna Erasmus – Ek het vanaand Adrian se Tuna en mielie quiche gemaak. Dit is voorwaar ‘n treffer.






