

DUIFIE SE MELKKOS
1 liter melk
1 kp koekmeel
1 eier
1 teel. bakpoeier
Sout
Begin die melk te kook.
Meng droe bestanddele en voeg die eier by.
Klits met ‘n groot vurk vinnig dat dit klonkies maak.
As die melk kook, stel plaat af, voeg meelmengsel by.
Roer goed en laat stadig prut tot dik.
Bedien met klontjies botter en kaneel suiker
Resep en foto: Duifie Miller






