

SMAAKLIKE BUTTERNUT SOP
(baie ou Fair Lady respep – aangepas met tyd)
1 kg butternut in blokke gesny
4 e botter
4 e gerasperde lemoenskil
2 groot aartappels in blokkies gesny
1 groot ui in ringe gesny
1 takkie gekerfde selderyblare (stingel kan die smaak oorheers)
3 of 4 gerasperde wortels
Vars gerasperde neutmuskaat (of 1 t gedroog)
2 e meel om te verdik
1 k hoender- of groente-ekstrak
2 k kookwater
½ k melk (of room)
Sout en peper
Die geheim van smaalike butternutsop lê in die gebruik van baie ryp butternut (die kleur moet diep oranje wees). Ek bak dit in foelie gewoon in die oond tot sag maar nog ferm – bak bring die smaak nog meer uit. Sny dan in blokke.
Smelt botter in kastrol tot warm genoeg. Voeg die groente en lemoenskil by en roerbraai vir so 5 min. Verminder die hitte en prut vir so 10 min. (As die butternut nie vooraf in die oond gebak is nie, prut to groente sag is). Voeg sout, peper en neutmuskaat by. Voeg meel by en roer tot die mengsel begin kook. Voeg die hoender- of groente-ekstrak en water by en bring die sop tot kookpunt. Voeg die melk of room by en verwyder van die plaat sodra dit begin borrel. Meng in die voedselverwerker tot glad.
Vir variasie: braai ½ t gedroogte chillies in die botter voordat die groente bygevoeg word.
Sprinkel parmesankaas oor en voeg croutons by wat in knoffelbotter gebraai is.






