

NICOLETTE SE WORS GEREG
1/2 ui gekap
1/2 pakkie bacon gekap
1/2 pakkie mushrooms grof gesny
2 tamaties geskil en gekap
1/2 pakkie baby marrows in ringetjies gesny
Pakkie wors in stukke gesny
1 Koppie gaar rys
1 Eetl chillie knoffel botter
1 Teelgedroogte parsley
1 Teel gedroogte origanum
1 Teel gedroogte mixed herbs
1 Teel gedroogte sweet basil
Sout na smaak (onthou bacon en wors is reeds sout)
2 teelepels suiker
Tamatie sous na smaak
Braai die uie, bacon, mushrooms, tamatie, kruie en wors in die chillie knoffel botter. Wanneer wors lekker bruin en gaar is en ‘n sousie gevorm het, gooi die baby marrows en tamatie sous met die 2 teelepels suiker by en prut stadig met deksel op. Wanneer mengsel lekker souserig is gooi die gaar rys by en meng deur, laat prut vir nog so 5 minute met die deksel af, bedien dan met bietjie vars gemaalde peper indien nodig.
Lekker eet
Foto en Resep: Nicolette Van Jaarsveld






