

KOOK EN GENIET RYP VYEKONFYT
1.1 Kies vye net ryp maar nog styf is en skil hulle dun af. Laat hulle ‘n tydjie lank in die son staan om die nerf hard te maak, en weeg die vrugte.
1.2 Prik die vye goed met ‘n stopnaald.
1.3 Gebruik 500 g suiker vir elke 500 g vrugte en 100-125 ml water vir elke 250 ml suiker. Die maak van stroop (Punt 2) en kook die vye in die kokende stroop. Voeg 37 – 50 ml suurlemoensap by vir elke 3kg vrugte. Kook dit vinnig tot die vrugte helder en deurskynend is. Voeg naeltjies of ‘n paar stukkies gekneusde gemmer by vir geur, indien verkies, en verwyder dit weer voordat die vrugte gebottel word.
1.4 Bottel en verseël terwyl dit warm is (Punt 3)
1.5 L.W. Indien die stroop te dun is, laat dit oornag in die kastrol afkoel en verhit dit weer tot dit kook. Laat dit 10 minunte lank kook en bottel.
2. DIE MAAK VAN DIE STROOP
2.1 Gebruik 375 g suiker vir 500 g soet vrugte.
2.2 Gebruik 500 g suiker vir 500 g suur vrugte.
2.3 Die hoeveelheid water wat gebruik word, hang van die soort vrugte wat gebruik word af. Vir vrugte wat lank moet kook, gebruik 750 ml tot 1 liter water vir 500 g suiker en vir ander vrugte 500 ml water vir 500 g suiker.
2.4 Die water waaarin die vrugte sag gekook het, kan vir die stroop gebruik word.
2.5 Meet die nodige suiker af en voeg die water by. Roer tot al die suiker opgelos is en laat die stroop dan ‘n minuut lank kook. Gooi dit deur ‘n klam deursygdoek en laat dit weer kook.
2.6 Gebruik ‘n goeie, swaar konfytkastrol. (Ek het my AMC Classic kastrol gebruik)
2.7 Sit die saggekookte vrugte bietjie vir bietjie in die kokende stroop sodat die stroop nie ophou kook nie.
2.8 Die stroop moet dun wees as die vrugte daarin begin kook, anders sal die vrugte nie mooi uitdy nie, maar krimp.
3. DIE BOTTEL EN VERSEëL VAN DIE KONFYT
3.1 Konfyt kan kokend warm in die bottles gegooi word en in gevalle van konfyt wat ‘n baie dik stroop het en nie maklik sandsuiker nie, kan dit eers afkoel en dan gebottel word.
3.2 Pak die warm konfytstukke in skoon, droë gesteriliseerde bottels en vul die bottles met die kokende warm stroop sodat die vrugte heeltemal bedek is. Bedek die konfyt met ‘n ronde stukkie botterpapier wat in brandewyn gedoop is, en verseël die bottels onmiddelik.
Foto: Elna Erasmus







Ida Bouwer
Rina, ek het die resep gebruik in Desember en dit het heerlik uitgekom. Pas net op dit is geneig om oor te kook, so gebruik n groot genoeg pot. En as jy nie vandag klaar kook nie, gaan more aan. Ek het n stukkie gemmer bygevoeg.