

CHILLI GROENTESOP
4 groen rissies opgekerf
3 eetlepels knoffel
2 medium gekerfde uie
1 groen soetrissie
1 geel soetrissies
30 ml olyfolie
100 g gesoute botter
sout en peper na smaak
bietjie olie
Braai bo-genoemde tot sag en voeg volgende by :
150 g botterskorsie opgekerf in blokkies
150 g patats opgekerf in blokkies
150 g wortels
150 g groenboontjies
150 g pattypan
150 g murgpampoentjies
150 g klein mielietjies
Handvol baba tamaties
Handvol mange tout
Handvol vars basil
Braai al die groete vir so 20 min .
Voeg 750 ml groente stock (Ina paarmans is beste)by.
Kook als vir 1 uur.
Proe en voeg nog sout en peper na smaak by indien nodig.
Blitz die sop in ‘n verwerker tot purée.
Plaas terug in die pot, voeg nog 250 ml groente stock by en kook op lae hitte vir nog 1 uur.
Bedien met vars brood en geniet
Resep en foto: Andey Maritz






