Ek het al baie keer gewonder hoekom ek nooit iced coffee kon maak wat proe soos die geblikte weergawes nie. Nou weet ek ook – jy brou dit met koue water, nie kookwater nie. Daar is niks van daai suur + bitter smaak wat jy kry van ‘n konsentraat gemaak met kookwater kry nie.
Ek het hierdie nou al ‘n paar keer gemaak en dit is wonderlik. Ek gooi 1 koppie gemaalde koffie (soos vir filter koffie) in ‘n groot beker, gooi 4 – 5 koppies koue water daarby, roer en los oornag. Filtreer deur ‘n sif en koffie filter en hou die konsentraat in die yskas. Meng met melk of water of room vir ‘n wonderlike lafenis. Jy kan ook vanilla, kakao of kaneelpoeier by meng vir ander variasies.
FOTO: Petro Borchard