


PETRE SE PAMPOENPIEKELS
1 medium pampoen, geskil en in blokkies gesny
Laat lê pampoenblokkies oornag in water en 2 koppies asyn.
Dreineer die pampoenblokkies die volgende dag.
Stroop:
4 koppies asyn
2 koppies water
7 ½ koppies suiker
20 pimento
10 heel naeltjies
sap van 1 suurlemoen
1 kaneelstok
Bring stroop tot kookpunt en gooi pampoenblokkies by. Sit deksel op en laat prut totdat blokkies sag is – gebruik tandestokkie om te toets. Sit blokkies in flessies en gooi stroop oor terwyl nog warm en seël.
Laat staan vir ‘n week of 2 voor gebruik, gebruik in slaaie of netso.
Heerlik saam met feta en biltong.
VARIASIE
Resep so ‘n bietjie verander
Pimente en naeltjies met die helfte verminder.
Halwe pakkie Pickling Spice en 1 rissie by die stroop gevoeg.
Bron: Petré Van Jaarsveld







geskuif