JOHAN SE SLAPDEGIE VIR VERSKILLENDE BAKKE
Slapdegie:
3 eiers
375 ml sonneblom olie
375 ml melk
360 ml koekmeel
3 ml sout
30 ml bakpoeier
Klits al die bestanddele vir die kors saam om ‘n sagte gladde deeg te vorm.
Oondvaste bak van 30 cm x 30 cm.
Nota!!!
Die kors is so saamgestel dat dit in derdes werk.
1, 2, 3 eiers
125, 250, 375 ml olie
125, 250, 375 ml melk
120, 240, 360 ml koekmeel
1, 2, 3 ml sout
10, 20, 30 ml bakpoeier
Hierdie is spesiaal gedoen sodat jy verskillende bakke kan gebruik, moenie kleiner gaan as ‘n bak van sowat 15 x 20 cm nie. Jou bak moet ook redelik diep wees (10 cm) omdat die kors redelik uitrys.
RESEP EN FOTO: Johan Snyder








