PIEKELSLAAI
Slaai:
uie
radyse
groen soetrissie
komkommer
Piekelsous:
1 koppie asyn
1 koppie suiker
1 teelepel sout
paar swart peperkorrels
1 teelepel piekelspeserye
Sny die slaai bestanddele in skyfies en pak dit stewig in ‘n voorbereide, gesteriliseerde fles.
Bring die sous bestanddele stadig in ‘n potjie op die stoof tot kookpunt en roer tot die suiker gesmelt is.
Giet die sous bo-oor die groente in die fles, maak seker al die lugborrels is uit en seël die fles. Bêre in die yskas tot benodig.
Resep en foto: Jacques Marianne Van Niekerk
One thought on “PIEKELSLAAI”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.









Done