PERFEKTE BOTTERVERSIERSEL
800 g Versiersuiker
250 g Wooden spoon margarien
2,5 ml Sout
5 ml Vanilla
125 ml Koue water
Laat margarien sag word (nie smelt nie) buite yskas of sommer in mikrogolf as jy haastig is. Voeg alle bestanddele behalwe water bymekaar in jou Kenwood mengbak en klits tot margarien en versiersuiker gemeng is. Voeg dan water by en klits op hoë spoed tot lig en glad.
Ek maak dit nooit meer anders nie, want die versiersuiker se dikte is perfek om maklik te werk en mooi te lyk!
RESEP: Daleen Stephens








