


WIT SJOKOLADE KAASKOEK MET VARIASIES
1 pak beskuitjies fyngemaak. Ek het choc chip gebruik
100 g botter gesmelt
1/4 koppie geroosterde coconut
Meng die beskuitjie krummels en botter en druk in die bodem van n 20 of 22 cm losboom koekpan( springform)gesmeer en met bakpapier uitgevoer
Sprinkel ‘n laag geroosterde coconut oor.
Plaas in Yskas
Vulsel:
2 blokke roomkaas (500 g)
1 blik kondensmelk
1 groot blok wit sjokolade gesmelt
250 ml dik room
3 teelepels gelatien opgelos in 1/4 koppie kookwater en afgekoel.
Fyngekapte Crunchie sjokolade
Gekoopte karamel sous
Gesmelte donker sjokolade vir bo oor
Klits die roomkaas, kondensmelk, gesmelte witsjokolade en room goed saam
Klits die gelatien by
Gooi bo oor die kors
Sprinkel die fyn Crunchie sjokolade oor.
Drissel die karamel sous in patroontjies oor en dan die gesmelte sjokolade
Plaas in yskas oornag om te set.
Ontvorm op n opdien bord.
GENIET! (SIEN FOTO HEEL ONDER)
Foto en resep: Hettie Bezuidenhout
Suenell Liebenberg se Wit Sjokolade Kaaskoek
Kors
1 pak Tennisbeskuitjies
2 eetlepels margarien
Kaaskoek
240 grm MilkyBar
2 houers Maaskaas/Roomkaas (volroom is lekkerder)
1 blik kondensmelk
250 ml room
100 ml suurlemoensap
5 velle gelatine
Bolaag
1 boksie rooi kersies
1 pak kersie jellie
1 koppie kookwater
100 ml koue water
2 eetlepels aarbei konfyt (opsioneel)
Maak koekies fyn en meng met gesmelte margarine .
Druk in “springform pan” vas. Sit in yskas om te set.
Plaas gelatine velle in koue water.
In dubblekoker sit room en milkybar. Smelt stadig oor kokende water. Haal af sodra sjokolade gesmelt is. Druk die water uit die gelatine en voeg by warm sjokolade mengsel en meng tot velle gesmelt is. Laat afkoel terwyl res van die koek gemaak word.
Maak volgende die bolaag.
Meng jellie poeier saam kookwater tot opgelos gooi hele boksie kersies by asook konfyt en voeg koue water by. Laat afkoel.
Meng die roomkaas en kondensmelk tot glad voeg suurlemoensap by en meng goed.
Voeg sjokolade mengsel by die roomkaas mengsel stadig en klits goed.
Gooi mengsel in pan met kors (deur ‘n sif indien daar klonte is).
Laat afkoel in yskas vir 20 min.
Gooi stadig die kersie jelly mengsel bo op.
Laat in yskas vir 3 ure of oornag.
Bedien op…..en GENIET !!
Glo dit kan lekker wees met ander bolaag bv perskes/mango ens. Die jellie moet net saam die vrugte pas.
2de Foto van Suenell Liebenberg

Foto: Wikkie Tap
Wit sjokolade kaas koek met variasies. Ek het die sjokolade en crunchie option gevat








Geskuif
Jacques Els
Wat n ongelooflike resep! Ek maak hom beslis weer! Ek het aarbeie gebruik, met aarbei jellie