ELSA SE TERT DEEG VIR DOPPIES EN KORSE
Ek het my ouma se resep gebruik.
Broskors tert deeg
2 koppies meel
1/2 koppie botter
2 teelepels bakpoeier
Knippie sout
Bietjie yswater (1/4 koppie gebruik)
Meng meel, bakpoeier en sout. Vryf botter in en voeg yswater bietjie vir bietjie by.
Werk deur met ‘n mes. Moet nie knie nie. Rol uit en druk af.
Deeg vir groot en klein terte. Bak blind vir 10 min op 180º C.
Nou kan enige vulsel gebruik word.. geniet
FOTO EN RESEP: Elsa du Plessis
Carina D Van Aardt
Hier is ‘n wenk vir almal wat doppies maak – koop ‘n klein muffin pan – draai om en spray olie die agterkant – le die tert rondtes oor dit sit ‘n plat koekie plaat oor die top, bak in oond vir 12 min – doppies is reg vir enige vulsel en kan gevries word en weer gebak word – het dit al probeer met groot muffin pan ook – vat chocolate chip cookie deeg en le oor agterkant – bak at 180’C en gebruik vir roomys bakkies vir poeding! Geniet dit almal – speel met deeg
Ek het soveel floppe gehad met tert deeg en het die resep in my ouma hand geskryfde boek gekry…dit het perfek uit gekom…dankie ouma