DIRK SE KOLWYNTJIES
1 ½ koppies meel
3 teelepesl bakpoeier
mespunt sout
1 koppie wit suiker
3 groot eiers, kamer tempratuur
1 teelepel vanilla geursel
3 eetlepels botter, gesmelt
1 koppie melk
Voorverhit oond tot 180ºC.
Voeg die droë bestanddele bymekaar en skud die mengsel so bietjie, moenie sif nie.
Klits eiers en suiker saam tot romerig, voeg die vanilla by en klits deur.
Voeg die melk en gesmelte botter saam en verhit so bietjie, meng saam met eier en suikermengsel.
Vou die nat bestanddele by droë bestanddele in en meng tot glad.
Skep die beslag in kolwyntjie koppies, ongeveer ¾ vol0
Bak vir 10 tot 15 minute in die voorverhitte oond.
Foto en resep: Dirk Booysen








