

NADIA SE VINNIGE AARTAPPEL GEBAK
Ek het nou nie ‘n foto nie, maar wil graag my aartappel dis resep deel. Dis sommer maar net ‘n gereg wat ek uit my kop uit maak en dis nou ‘n gunsteling in die huis.
4 – 6 aartappels
spek
sampioene
hoender fillette
250 ml room
ui
knoffel
paprika
sout, peper en speserye na smaak
Sny al die bestanddele op in blokkies van jou keuse.
Skil die aartappels en kook tot half gaar.
Braai die uie, knoffel, spek, hoender, papkrika en sampioene saam.
Sny die aartappels in blokkies en braai saam die ander bestanddele.
Gooi die room bo oor en meng mooi deur.
Sit dit dan in die oond en bak vir so 20-30 minute by 180°C.
Ek hou daarvan om gewoonlik room met ‘n geur te gebruik. Hier in Finland het ons baie verskillende rome om van te kies. Vir die resep het ek ‘n kerrie room gebruik. Natuurlik kan jy ook enige ander bestanddele byvoeg en maak en breek soos jy lus het.
RESEP: Nadia Thölix






