HAROLD SE KERRIEUIE
20-30 klein uie, skil en sny in die helfte deur.
1 blik pynappel fyn gemoesh met sap en als.
1 opgehoopde eetlepel pickel masala,
1 opgehoopde eetlepel medium masala,
1 eetlepel pickel spices van robertsons spices
2 eetlepels woestersous
3 eetlepels olie
½ koppie bruin asyn
¼ hand vol growe sout
1 koppie bruinsuiker
Laat staan so tien dae in die yskas en roer elke dag, skep dan in botteltjies in, kan so tien rissies ook in sit (kleintjies) Sny die kop en stert af en maak ‘n sny in die kant sodat die sousies kan in trek. Het al die asyn vervang met old brown sherry ook. Baie lekker saam met kerriehoender of enige vleis.
Resep deur Harold Verwey (lid)