
KASERIGE BILTONGWIELE
Genoeg vir 4 mense
Dis wat jy nodig gaan kry:
50 ml gesoute botter
4 snye witbrood, korse verwyder
100 ml Marmite of Bovril
160 ml (⅔ koppie) grated Cheddar cheese
125 ml (½ koppie) biltongskaafsels
Smeer die botter aan weerskante van elke sny brood. Smeer die Marmite of Bovril op een kant van elke sny brood en sprinkel die kaas oor. Rol elke sny op soos ’n rolkoek. Sny in wiele van 2 cm. Rol die wiele in die biltongskaafsels en sit voor (die biltong behoort aan die botter vas te sit).






