

JAN SE MAKLIKE KERRIEVIS
1 kg visfillete
Deeg :
1 koppie bruismeel
1 eier
water en knippie sout
Ekstra:
olie vir vlak braai
4 groot uie op gekerf
2 eetlepels medium kerriepoeier
2 koppies asyn
½ koppie suiker
Maak slap deeg om vis in te doop en bak in olie tot ligbruin gaar.
Braai die uie in ‘n pan met bietjie olie tot lig bruin en voeg die kerrie na asyn en suiker by. Kook vir 5 minute.
Plaas gebakte vis in glasbak en skep die uiemengsel oor die vis, laat staam om af te koel.
Kan dadelik geëet word en die res kan in die yskas gebêre word.
Foto en resep: Jan Bezuidenhout






