DUIFIE SE PIESANG MUFFINS
125 ml botter
2 eiers
1 koppie suiker
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
1 teelepel koeksoda
Halwe t sout
1 teelepel vanilla
3 kwart koppie melk
6 piesangs (klein) Anders 4 groot piesangs fyn gedruk
Sif droe bestanddele, voeg eiers en melk by, meng deur sen voeg die piesang by.
Meng goed. Skep in muffin pan, maak die bakkies so 3 kwart vol.
Ek sit cupcake papiertjie in, dan haal dit maklik uit en bedien lekker.
Bak in oond van 160ºC vir 30 min
BRON/PHOTO: Duifie Miller








