BACON EN AARTAPPEL SOP
6-8 groot aartappels geskil en in blokkies gesny
500 ml room
1-2 groot uie fyn gekap
1 eetlepel olyf olie
1 liter water
1/2 teelepel vars garlic (optioneel)
1/4 teelepel paprika
1/4 teelepel sout
1/4 teelepel swart peper
1/2 teelepel gemengde kruie of oreganum
1-2 pakke spek
Ek koop sommer die bacon bits maar enige spek kan gebruik word. Sny dit net fyn
Braai die uie, spek, garlic, sout, peper en kruie in die olie in ‘n groot pot tot goud bruin. Gooi die aartappels in en meng. Voeg die water in en kook tot die aartappels sag is en die water 2/3 verminder het. Haal van die hitte af en mash of blend als goed saam. Sit terug op lae hitte en voeg room by.
Voer ongeveer 6 – 8 mense met redelike porsies. Vat ongeveer 30 – 45 minute van begin tot einde.
Bedien warm met ‘n lekker rolletjie.
Tip: hoe kleiner jy die aartappels sny, hoe vinniger word dit sag.
Bron/foto: Cecilia Tazz Addyman








