MAAK JOU EIE ROTI
Ek het vir julle afgeneem hoe die Indiese chef die roti’s maak, dit is ‘n spesiale meel wat hulle by die Indiese mark koop, en let op daar is geen olie of botter betrokke nie. Meng net meel en water en knie tot hy ‘n lekker sagte deeg het. Rol balletjies almal ewe groot, maak die pan lekker warm, sit die uitgerolde roti in die warm pan, wanneer hy begin opblaas draai hy hom een keer om, dan vat hy die pan weg en gooi die roti in die vlam van die gasstoof, draai een keer om, en Voila daar is jou roti, heerlik!!!!
Rina Kleinhans













