GROEN TAMATIE ATJAR 2
1 koppie asyn
1 koppie kookolie
2 telepel sout
1 teelepel mosterd
1/4 koppie suiker
4 eetlepel atjarmasala
Meng alles en sny ongeveer 10 – 15 groot groen tamaties in blokkies en voeg by tot die verhouding tussen tamaties en “sous” reg lyk. Als bly rou. Niks word gekook of warm gemaak.
Dit moet net 3 dae op koel plek staan wat mens dit so 3x per dag net deurroer en dan skep ek myne sommer in bakkies met deksels en bewaar in die yskas maar mens kan dit natuurlik bottel indien verkies
Bron en foto: Jacques Marianne Van Niekerk









Jacques Marianne Van Niekerk: Ek het weer groen tamatie atjar gemaak maar die slag heelwat mosterdsaad bygesit. Dis defnitief geuriger met n dieper smaak. Dalk kan ons dit opsioneel by die resep insit?