KORS:
200g Tennisbeskuitjies en 125g Botter
Smelt botter en roer by fyngedrukte beskuitjies. Druk kors vas in bak van ongeveer 20cm.
VULSEL:
2 blikke (385g) Kondensmelk
2 x 250g Maaskaas
125ml Suurlemoensap
1 Geblikte Aarbeie (stukkies gesny)
Klits al die bestandele (behalwe aarbeie) van vulsel baie goed saam. Wanneer mooi gemeng voeg fyn aarbei stukkies by.
Gooi in die kors en bak 15 min by 180°C.
Laat goed afkoel. Versier met vars aarbeie en verkoel in yskas.
Baie lekkerder wanneer die vorige dag gemaak word
Resep en foto: Frances Smith