TUNA, BACON EN SPINASIE QUICHE MET ‘N AARTAPPEL KORS
2 blikkies fyn tuna in water gedreineer
ongeveer 50 g opgekapte spinasie, goed gedreineer
ongeveer 125 g opgekapte bacon
ongeveer 125 g opgekapte sampioene
2 eiers
125 ml melk
2 wiele Fetakaas, in blokkies gebreek
2 eetlepels bruismeel
Sout en peper na smaak.
Gerasperde Cheddarkaas om bo-oor te strooi.
Genoeg aartappels in dun ringe gesny om die bodem en kante van die bak te bedek
Braai die aartappelringe in diep olie tot gaar en krisp en geur liggies met sout. Voer ‘n quiche of tertbak daarmee uit op die bodem en teen die kante. Klits die eiers, melk en meel in ‘n mengbak tot dit glad is. Vou die tuna, rou spinasie, rou bacon, rou sampioene en Fetakaas in die mengsel in sodat dit goed versprei is. Geur met sout en peper en strooi Cheddarkaas bo-oor. Skep die mengsel bo-op die aartappel basis. Bak in ‘n vooraf verhitte oond teen 180ºC vir 30 tot 35 minute of tot ‘n mes wat in die middel ingedruk word, skoon uitkom.
Bron: Adrian Olivier
Foto: Adam Cloete.








